KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 17 August 2011

DIE VIERKLEUR SAL WEER WAPPER.


Die Suidlanders, AWB en die Kommandokorps het vandag (16 Augustus 2011) tydens ‘n geskiedkundige geleendheid ‘n amptelike verdrag met mekaar gesluit wat bekend sal staan as die “SAAMSTAAN VERDRAG“.Photobucket
Weens die feit dat ons Volk gebuk gaan onder ‘n Volksmoord en ook die feit dat Suid Afrika volskaalse anargie en ‘n mislukte staat in die gesig staar word dit nodig geag om deurmiddel van die erkenning van raakpunte hande te vat met mede Volks organisasies en sodoende ons Volk se kanse op oorlewing te verbeter.
Die verdrag lees as volg:
Saamstaan verdrag
Ooreenkoms aangegaan tussen die Afrikaner Weerstands Beweging
Die kommandokorps en die Suidlanders.
Bogenoemde organisasies gaan ‘n Saamstaan verdrag aan
(Hierna genoem: “Die verdrag”) T.O.V. Die veiligheid van die
 Boere – Afrikanervolk.
Die volgende aksies sal geloods word:
  1. Die verdrag sal ‘n koördinerende of uitvoerende raad vestig om aksies tussen die organisasies te koördineer.
  2. Die verdrag sal ‘n Adviesraad vestig om kundige advies in te win, dit te verwerk en dan ‘n aanbeveling aan die uitvoerende raad te maak, waarna die relevante instruksie gegee sal word ter uitvoering.
  3. Die verdrag sal bestaande noodplanne evalueer en die mees toepaslike eienskappe kombineer ten einde die finale plan daar te stel.
  4. Die verdrag sal ‘n nasionale en internasionale kommunikasie netwerk vestig.
  5. Die verdrag sal ‘n nasionale veiligheids barometer instel, wat gesamentlik beheer en op datum gehou sal word.
  6. Die verdrag gaan die wreedheid waarmee Plaasmoorde gepaardgaan, internasionaal rugbaar maak.
  7. Elke organisasie binne die verdrag behou sy eie identiteit en sal steeds spesialiseer op sy bepaalde spesialis-terreine.
  8. Die verdrag beskou weerbaarheidsopleiding as preoriteits opleiding wat op nasionale vlak aan ons mense gegee moet word, ten einde die Volksmoord te beperk.
  9. In nederige erkentlikheid bely ons, ons afhanklikheid van ons Hemelse Vader om ons as Leidsman binne Sy raadsplan te lei tot volle sovereiniteit in ons eie grondgebied.
Hoog Oranje, Blanje, Blou
Die Vierkleur sal weer wapper
PhotobucketPhotobucket

Verskeie ander Volksorganisasies het aangedui dat hulle ook hulle handtekeninge by die verdrag sal voeg om sodoende samewerking te vestig.